• Home
  • About Us
  • Blogs
  • Artists
    • Releases
  • Events
  • Video Gallery
  • Contact

If Looks could Heal

May 18, 2018 by Gerrie Steenkamp

‘If looks could kill.’Ek het nou die dag weer een van hierdie gekry. Daardie staar van iemand,  waar jy voel die aarde moet jou liewers insluk anders gaan jy hulle  sommer tromp op loop, met die vraag: “Wats jou probleem?!” Die situasie is nie regtig belangrik nie, want ek wil nie hê jy moet kant kies nie.

Maar my reaksie het my wel bygebly. Onmiddelik het ek minderwaardig gevoel. Gevoel of ek nie hoort nie. Asof my bestaan ‘n las is. So vinnig soos ek kon, stap ek toe weg. Weg van die dodelike kyk,

MAAR…

My gedagtes wil nie wegstap nie. Dit spoel oor en oor. Jy moet waardeloos wees as iemand so na jou staar. Of nee, jy is defnitief nie net nul op ‘n kontrak nie, VEEL ERGER!  Jy is ‘n totale negatiewe invloed op die mensdom. Ek kon dit nie beheer nie. Dit was asof die gesprek in my gedagtes geen perke ken nie.

Ure stap aan en nogsteeds maal en maal dit deur my gedagtes. Om dit erger te maak word ek toe kwaad. Onsettend kwaad! Die dialoog in my gedagtes verander na ‘n eensydige uittrap sessie met  ‘Dood-Staardertjie’. Dis reg ja, nou is verkleinings woorde en bynaampies van pas, want wie gee jou die reg? Asof jy so spesiaal is.

Of wag. JY IS SPESIAAL, maar nie op ‘n mooi manier nie.

‘Dood-Staardertjie’ jy is belaglik. Ek is baie beter as jy. Jy is net jaloers!

Voor ek myself kon kry staan ek in ons kamer en hê hierdie intense gesprek met ons spieël. Ek kyk vir Dood-Staardertjie dood en voel so goed oor hierdie fantastiese momentum.

Tot Vinette se stem my uit hierdie ‘oorwinnende’ oomblik ruk. “Ekt gehoor jy kom in. Hoe was jou dag? En met wie praat jy?..”

Soos ek omdraai vang my oë Vinette se pragtige blou/groen oë (Na 7 jaar se getroude lewe is ek nogsteeds nie seker van die kleur nie. Moet my nou nie kruisig nie, dit hangaf wat sy aantrek die dag.) Hier is ‘n ander kyk. ‘n Kyk van veilig wees. ‘n Kyk wat sê ek behoort en opgewonde is oor my bestaan. Die warm gevoel van woede vroeër verander in ‘n warm gevoel van onvoorwaardelike liefde. Haar liefde vir my.

Dis asof tyd stilstaan en nog ‘n stem die vertrek binne kom.

“Nou moet jy mooi luister, my kind. Ek wil jou graag iets leer.” hoor ek die Vader se stem saggies met my praat.

“Not only can looks KILL but looks can also HEAL.”

Net een sin. Een groot waarheid. En een gedagte wat weke reeds deur my gedagtes maal:

IF looks could Heal’

Net soos ek al mense gekry het wat my dood staar, was daar ook hierdie mense wat met genesing gestaar het. Daardie soort staar wat sê jy is belangrik. Jy is geliefd. Jou saak en hart is werd om  gehoor te word.

Twee mense waarvoor ek ewig dankbaar is, is Louis en Elma Cloete. Louis en Elma is een van die wonderlike Dominee pare in Witbank/Emalahleni in wie se gemeente ek was vir ‘n paar jaar.

Plat op die aarde, gewone mense. Maar hulle het kyke van genesing gehad. Ek het altyd gevoel hul gee om. Ek behoort en ek het waarde.

Ja ‘looks can heal’!

Genesende kyke neem ook my gedagtes oor. Ek dink ook baie lank daaraan. Dit gebeur ook onwillekeurig. Die invloed is net positief en nie so boos soos by Dood-Staardertjies nie.

Op een van Jesus se reise oppad na ‘n dodelike siek dogtertjie , breek ‘n vrou deur die skare en raak Sy kleed aan om genesing te kry. Onmiddelik is sy gesond, maar Jesus los dit nie daar nie. Omdat Hy haar nie gesien het nie, stop Hy en soek die een wat Hom aangeraak het. Hy is besig. Ja dis ‘n noodgeval waarheen Hy oppad is, maar Hy stop en soek haar.

Want..

Hy wil haar sien. Hy wil haar in die oë kyk.Hy wil ‘n kyk van genesing vir haar gee.

En net daar tussen almal vang Sy oë hare. Ek kan my net hierdie oomblik indink. “Vrou jy is nie in die pad nie, jy behoort. Vrou jou bestaan is belangrik, net soos jou liggaam se genesing is. Jy hoef nie van agter te kom en met net ‘n vinnige, desperate gryp te vrede te wees nie.  Ek sien jou raak en Ek vind jou bestaan as die grootste vreugde.”

Kan jy jouself indink?  Na jare en jare se Dood-Staardertjies wat sy moes verduur en na die minderwaardige manier waarmee sy te vrede was om haar genesing te gryp. Draai die Skepper van die Heelal nogsteeds om in ‘n soeke om Sy oë met haar oë te bind. Want Hy weet. Hy het dit so gemaak, ‘If looks could KILL, then looks can certainly HEAL’

Back

Leave a Reply Cancel Reply

Your email address will not be published.

Recent Posts

  • If Looks could Heal
  • Between Two Strong Opinions
  • Uproot the counterfeit
  • Practicing the presence of God
  • Whose house are you building?

Categories

Newsletter

Grab our Monthly Newsletter and stay tuned

Follow Us

 
 
 

2018 © Copyright @ BURNING LAMP MUSIC – DESIGN BY GUI